Wednesday, November 12, 2008

Eerste dag... skoon op my senuwees!

Soo baie wat ek wil sê maar so min tyd, en nou lê die hele blogging soos 'n berg voor my. Waar staan ek nou, wel, na oor die 3jaar se geskukkel, 1x IVF, 1x Lap, 2x KI's en BAIE inspuitings, hormoonpille ens. is ek nou by 'n nuwe dokter, dalk een wat my nou sal kan help. Ek was gelukkig by die vorige ene, maar verkies 'n nader spesialis.

Die ding kom al 'n langgg pad, baie hartseer, geluk, hoop, trane, gebede, vertroue en natuurlik bakleiery. Infertiliteit is nie iets om ligtelik op te neem nie, al dink party dis net 'n ding wat "vanself kom.... wel, dis iets meer as dit. Asof jou vrouwees en mawees van jou af weggeneem is, of altans, nooit vir jou gegee is nie, iets kort, jou lyf en hele lewe voel leeg. Gaan darem einde van die maand vir daai volgende Lap, kanie wag nie, dalk is dit goeie nuus vir 'n verandering!!

Ek is BAIE gelukkig getroud met 'n wonderlike man wat my ondersteun maar soms raak dinge net te veel. Wat van aanneming, ja, ons oorweeg dit, sal dit met liefde doen, maar sal altyd probeer en dalk, eendag, miskien, word ons ook daar kans gegun om geseën te word met 'n bondeltjie vreugde van Bo!!

Genoeg van my... sal later weer inloer!

4 comments:

From IF to Adoption! said...

Welcome to Blogland Bokkie!!!

Can't wait to read more!!!

Nix said...

I agree, Welcome to Blogging. You're gonna love it.

Lilian January said...

ek kan glad nie wag vir nog van jou leesgoed nie!!!!

Muriel said...

Ek het jou ook opgespoor! Welkom, ek hoop jy gaan jou blog baie geniet!!!